Oor Ons
Missie
Ons missie is om:
- die veiligheid van die algemene publiek te verhoog;
- die veiligheid van sowel openbare as privaat skole te verhoog;
- gewapendereaksie- en mediese noodreaksie-eenhede van hoë gehalte op te rig en te bedryf;
- polisiëringsvennootskappe daar te stel, te ontwikkeling en te bestuur om misdaad deur samewerking te bekamp;
- gemeenskappe te patrolleer en misdaad te voorkom, en om misdadigers op die voorgeskrewe wyse in hegtenis te neem;
- die nodige ondersteuning te bied met die vervolging van misdadigers;
- die nodige ondersteuning en berading aan misdaadslagoffers te bied; en
- openbare bewusmakingsveldtogte te loods om veiligheid te bevorder.
Visie
Om die grondwetlike regte van ondersteuners en die algemene publiek te bevorder, wat onder meer lewe, vryheid en sekerheid van persoon en waardigheid insluit.
Ons bestuur en direksie

Nic Arnold
Nic Arnold staan aan die hoof van die direksie as uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit. Hy het ’n meestersgraad in Arbeidsreg en ook nagraadse kwalifikasies in Maatskappyreg. Hy is ’n deskundige in korporatiewe bestuur met 17 jaar se ondervinding in senior bestuur.

Marnus Kamfer
Marnus is ’n prokureur wat in strafreg, vuurwapenwetgewing en die sekuriteitsbedryf spesialiseer. Hy is ook betrokke by opleiding wat deur Forum Sekuriteit verskaf word.

Corli Thiebaut
Corli is verantwoordelik vir akkurate rekeningkundige boekhouding om ’n ongekwalifiseerde ouditverslag te verseker. Sy verseker ook dat daar aan die statutêre verpligtinge voldoen word wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vereis word. Corli verskaf ook intydse finansiële verslae en is verantwoordelik vir begroting- en kontantvloeibestuur.