OOR ONS
Forum Sekuriteit het tot stand gekom om die grondwetlike regte van ondersteuners, die algemene publiek en kwesbare gemeenskappe te bevorder. Dié regte sluit onder meer die reg tot lewe, vryheid en sekerheid van ’n persoon en waardigheid in.
Missie
Ons missie is om:
- die veiligheid van die algemene publiek te verhoog;
- die veiligheid van sowel openbare as privaat skole te verhoog;
- gewapendereaksie- en mediese noodreaksie-eenhede van hoë gehalte op te rig en te bedryf;
- polisiëringsvennootskappe daar te stel, te ontwikkeling en te bestuur om misdaad deur samewerking te bekamp;
- gemeenskappe te patrolleer en misdaad te voorkom, en om misdadigers op die voorgeskrewe wyse in hegtenis te neem;
- die nodige ondersteuning te bied met die vervolging van misdadigers;
- die nodige ondersteuning en berading aan misdaadslagoffers te bied; en
- openbare bewusmakingsveldtogte te loods om veiligheid te bevorder.
Visie
Om die grondwetlike regte van ondersteuners en die algemene publiek te bevorder, wat onder meer lewe, vryheid en sekerheid van persoon en waardigheid insluit.
Doelwitte
Forum Sekuriteit se doelwitte:
- Beveiliging van instellings van die Solidariteit Beweging.
- Beveiliging van kwesbare gemeenskappe.
- Dien sa rolspeler in ankergemeenskappe.
- Dien as rolspeler in AfriForum-gemeenskappe.
- Dien as rolspeler in gemeenskappe.
- Sluit van kontrakte met die algemene publiek.
Ter bereiking van doelstellings, fokus Forum Sekuriteit op die volgende:
Ons bestuur en direksie
Johan Kruger
Johan Kruger is die hoof van Gemeenskapsontwikkeling en het onderskeidelik LL.B. en LL.M.-grade asook ’n nagraadse diploma in Besigheidsbestuur. Hy werk al 17 jaar binne die Solidariteit Beweging en is ook ’n praktiserende prokureur by Kruger Wilkens Prokureurs.
Ian Colyn
Ian Colyn is ’n sakeman met ’n wye entrepreneuriese omvang en het ’n onblusbare passie vir Afrikaner-wees. Sy betrokkenheid en begrip van gemeenskappe, tesame met sy versekering- en ondernemingsagtergrond maak hom ’n sleutel- adviserende rolspeler in die direksie van Forum Sekuriteit. Hy glo in die gesegde “saam is ons beter”, maar ook nog soveel meer in “ons kan self”.
Corli Thiebaut
Corli is verantwoordelik vir akkurate rekeningkundige boekhouding om ’n ongekwalifiseerde ouditverslag te verseker. Sy verseker ook dat daar aan die statutêre verpligtinge voldoen word wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vereis word. Corli verskaf ook intydse finansiële verslae en is verantwoordelik vir begroting- en kontantvloeibestuur.
Raymond Hohls
Raymond Hohls is tans die operasionele bestuurder van Gemeenskapsveiligheid en ’n lid van Forum Sekuriteit se direksie. Hy het 27 jaar militêre ondervinding en is verantwoordelik vir die vestiging van ons strukture, en opleiding van ons buurt- en plaaswagte.
Frik Dreyer
Frik Dreyer is ’n bedryfsingenieur met goeie tegniese en meganiese kundigheid. Hy is baie bekwaam en het die vermoë om besigheidsprosesse te identifiseer en onvervangbare oplossings voor te stel. Frik is verantwoordelik onder andere vir finansies, menslike hulpbronne en administrasie en het uitgebreide ervaring in die ontwikkeling van prosesse en prosedures en die verspreiding van kennis.
Nic Arnold
Nic Arnold staan aan die hoof van die direksie en het ’n meestersgraad in Arbeidsreg en ook nagraadse kwalifikasies in Maatskappyreg. Hy is ’n deskundige in korporatiewe bestuur met 17 jaar se ondervinding in senior bestuur.
Deon Reyneke
Deon Reyneke is adjunk-bestuurshoof en is aan die stuur van Arbeidsverhoudinge en Beroepsnetwerke. Hy is verantwoordelik om toe te sien dat alle Solidariteit-lede reg oor Suid-Afrika vry, veilig en voorspoedig in die werksplek kan funksioneer. Kollektiewe onderhandelinge is ook deel van sy verantwoordelikhede. Deon was voorheen werksaam by Eskom en die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Marnus Kamfer
Marnus is ’n prokureur wat in strafreg, vuurwapenwetgewing en die sekuriteitsbedryf spesialiseer. Hy is ook betrokke by opleiding wat deur Forum Sekuriteit verskaf word.