Forum Sekuriteit se privaatheidsverklaringsbeleid: Webtuistes en webportale

Vrywaring

Hierdie beleidsdokument, enige bybehorende aanhangsel(s) en enige regte hieraan verbonde is die eiendom van Forum Sekuriteit, tensy die konteks duidelik anders aandui. Dit is vertroulik, privaat en slegs bedoel vir die geadresseerde, en mag slegs deur die geadresseerde gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor die beleidsdokument aangevra is. Die geadresseerde moet alle persoonlike inligting wat hierdeur tot sy of haar kennis of in sy of haar besit kom as vertroulik hanteer en mag dit nie openbaar maak sonder die instemming van Forum Sekuriteit nie. Forum Sekuriteit aanvaar geen enkele verantwoordelikheid vir enige verlies of skade, op watter manier ook al opgedoen of gely, wat voortvloei uit, of die gevolg is van, die gebruik van die inligting in hierdie beleidsdokument of die aanhangsel(s) daarvan.

Inhoudsopgawe

Inheiding
Jou instemming
Begining van persoonlike inligting
Forum Sekuriteit-beveiligingspraktyke
Forum Sekuriteit-koekiepraktyke
Skakels na ander webwerwe en webportale
Reg om hierdie privaatheidsverklaring te wysig

Inleiding

Wanneer jy die Forum Sekuriteit webtuiste en/of -portaal gebruik, of wanneer jy inskryf as lid van Forum Sekuriteit via ons uitgekontrakteerde inbelsentrum, gee jy daarmee toestemming aan Forum Sekuriteit om jou persoonlike inligting in te samel en te gebruik. Forum Sekuriteit gebruik jou persoonlike inligting slegs vir interne doeleindes, soos byvoorbeeld die verbetering van die webtuiste se funksionering, die opstel van ’n databasis van lede, en rekordhouding van jou toegangsbesonderhede en veranderings wat jy as lid maak ten opsigte van jou persoonlike inligting. Forum Sekuriteit sal alle toepaslike wetgewing nakom, met besondere fokus op die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (in Engels die Protection of Personal Information Act (POPI-wet) wat die bestuur en verwerking van persoonlike inligting betref. Forum Sekuriteit hanteer persoonlike inligting wat van of vir die webtuiste ingesamel word as streng privaat en vertroulik. Alle persoonlike inligting wat ingesamel is, sal slegs gebruik word vir die doeleindes waarvoor dit ingesamel is, en sal nie verder verwerk word sonder instemming van die lid of datagebruiker nie. Forum Sekuriteit sal jou persoonlike inligting nie deel met derde partye sonder om vooraf jou instemming te verkry nie, tensy ’n geregshof Forum Sekuriteit beveel om dit wel te doen. Forum Sekuriteit is verbind tot alle tersaaklike wetgewing wat te make het met die ontvangs, berging en verwerking van persoonlike inligting, en sal voldoen aan die bepalings van toepaslike wetgewing, ook soos dit van tyd tot tyd gewysig mag word, met spesifieke fokus op die POPI-wet. Jy stem daartoe in dat Forum Sekuriteit jou persoonlike inligting mag deel met gekontrakteerde diensverskaffers vir die uitsluitlike doeleindes van die verwerking, bestuur en administrasie van al ons lede se persoonlike inligting. Alle persoonlike inligting word direk vanaf jou persoonlik verkry, en waar dit wettig en redelik is, kan ons moontlik persoonlike inligting soos deur jou verskaf, verifieer met gekontrakteerde diensverskaffers, banke, adreskontroledienste en ID-verifikasiedienste vir die doeleindes soos hieronder uiteengesit.

Jou instemming

Forum Sekuriteit sal jou persoonlike inligting verwerk wanneer jy jou instemming gewillig verleen of in ooreenstemming met wetgewing. Jy gee aan ons toestemming vir die insameling van jou persoonlike gegewens deur middel van die volgende:

  • Inskryfproses vir nuwe lede
  • Deelname aan organisasie se kompetisie-aktiwiteite
  • Bewusmakingsveldtogte
  • Petisies
  • Deelname aan spesifieke veldtogte
  • Deelname aan sportgeleenthede
  • Deelname aan peilings en meningsopnames
  • Potgooie
  • Vrywillige deelname aan aktiwiteite van die organisasie
  • Direkte kommuikasie via e-pos en sms

Forum Sekuriteit sal jou persoonlike inligting slegs openbaar maak in die volgende omstandighede:

  • As die wet dit vereis
  • As daar ’n openbare plig op ons rus om dit openbaar te maak
  • As ons of jou persoonlike wettige belange openbaarmaking noodsaak
  • As jy daartoe ingestem het dat ons jou inligting openbaar mag maak

Berging van persoonlike inligting

Ons berg persoonlike inligting soos deur die wet vereis, binne Suid-Afrika in ’n privaat wolkrekenaarstelsel (“private cloud”) wat beheer word deur Amazon Web Services (AWS) in Kaapstad. Die berging van inligting word beskerm deur die vereiste sekuriteitstoegangsbeheer en die nodige IT-infrastruktuurbeskerming.

Forum Sekuriteit-beveiligingspraktyke

Ons beveiligingstelsels is ontwerp om die verlies of ongemagtigde vernietiging van, skade aan en/of toegang tot jou persoonlike inligting deur ongemagtigde partye te voorkom.

Forum Sekuriteit-koekiepraktyke

Die Forum Sekuriteit webtuiste maak gebruik van koekies: klein tekslêers wat op jou toestel gelaai word sodat die webtuiste ’n beter gebruikservaring moontlik kan maak. Oor die algemeen word koekies gebruik om gebruikersvoorkeure te bewaar, inligting te stoor vir elemente soos digitale winkelmandjies, en om anoniem gemaakte volggegewens te verskaf aan derdepartytoepassings soos Google Analytics.

Normaalweg sal koekies jou internetsoektog vergemaklik. Jy kan egter besluit om koekies af te skakel vir hierdie webtuiste en/of ander webwerwe. Die mees doeltreffende manier om dit te doen is om koekies in jou webblaaier (“browser”) af te skakel. Ons beveel aan dat jy die Help-bladsy van jou webblaaier raadpleeg of die webtuiste About Cookies besoek, waar jy ondersteuningsinligting sal vind vir alle gangbare webblaaiers.

Skakels na ander webwerwe en webportale

Niemand mag ’n hiperskakel, raam, metamerker of soortgelyke verwysing (in algemene gebruik “skakels” genoem), hetsy in elektroniese of enige ander formaat, plaas na hierdie webtuiste of enige ondergeskikte webbladsye sonder ons voorafverkreë skriftelike toestemming nie, wat toegestaan of weerhou mag word onderhewig aan die voorwaardes soos deur ons van tyd tot tyd uiteengesit.

Enige aansoek vir die plasing van ’n skakel moet gerig word aan die Inligtingskantoor by die eposadres navrae@afriforum.co.za. Na ontvangs van jou aansoek sal ons ons bes doen om te antwoord en die saak verder met jou te bespreek. Indien jy nie ’n skriftelike reaksie van ons kry binne 20 (twintig) werksdae nie, moet jy aanvaar dat jou aansoek van die hand gewys is.

Reg om hierdie privaatheidsverklaring te wysig

Forum Sekuriteit het die reg om hierdie privaatheidsverklaring te wysig. Ons sal alle veranderings publiseer op ons webtuiste en webportaal. Die jongste weergawe van ons privaatheidsverklaring sal enige vorige weergawe vervang, tensy anders vermeld.