OOR ons
Forum Sekuriteit het tot stand gekom om die grondwetlike regte van ondersteuners, die algemene publiek en kwesbare gemeenskappe te bevorder. Dié regte sluit onder meer die reg tot lewe, vryheid en sekerheid van ’n persoon en waardigheid in.
MISSIE
Ons missie is om:
- die veiligheid van die algemene publiek te verhoog;
- die veiligheid van sowel openbare as privaat skole te verhoog;
- gewapendereaksie- en mediesenoodreaksie-eenhede van hoë gehalte op te rig en te bedryf;
- polisiëringsvennootskappe daar te stel, te ontwikkeling en te bestuur om misdaad deur samewerking te bekamp;
- gemeenskappe te patrolleer en misdaad te voorkom, en om misdadigers op die voorgeskrewe wyse in hegtenis te neem;
- die nodige ondersteuning te bied met die vervolging van misdadigers;
- die nodige ondersteuning en berading aan misdaadslagoffers te bied; en
- openbare bewusmakingsveldtogte te loods om veiligheid te bevorder.
VISIE
Om die grondwetlike regte van ondersteuners en die algemene publiek te bevorder, wat onder meer lewe, vryheid en sekerheid van persoon en waardigheid insluit.
DOELWITTE
- Beveiliging van instellings van die Solidariteit Beweging.
- Beveiliging van kwesbare gemeenskappe.
- Dien as rolspeler in ankergemeenskappe.
- Dien as rolspeler in AfriForum-gemeenskappe.
- Dien as rolspeler in gemeenskappe.
- Sluit van kontrakte met die algemene publiek.